top of page
DN MAKELAARS WEBSITE CONTENT (7).png

DN MAKELAARS

ONS DIENS. ONS TROTS.

DN Makelaars Logo Website (2).png

HOEKOM
DN MAKELAARS?

As een van die beste onafhanklike versekeringsmakelaars in Mpumalanga, is ons daartoe verbind om uitstekende diens te lewer danksy ons buitengewone bekwame span.

DN Makelaars Logo Website (3).png

LEER MEER OOR ONS

Hoekom DN Makelaars?

Ons glo daarin om 'n uitstekende kliënte-ervaring te lewer. Ons passievolle span poog om voort te bou op blywende verhoudings en uitstekende dienste. Hieronder vind u ons belangrikste waardes:

Betroubaar

Diens

Integriteit

Ontmoet die makelaars

Hier by DN Makelaars is ons trots op ons personeel. 

IMG_7603.jpg

Besturende Direkteur

Wessel Davel

Wessel Davel het B.Com Bemarkingsbestuur studeer aan die Universiteit van Pretoria en sy graad verwerf in 1988.

Hy is werksaam by DN Makelaars vanaf Januarie 2000. Met meer as 26 jaar ondervinding in die versekeringsbedryf, kan hy as spesialis op die gebied gesien word.

Met kliënte van regoor Suid-Afrika, is hy 'n kundige in veral die kommeriële versekeringsbedryf.

Tipe versekering: persoonlike-, kommersiële- en spesialisversekering.

Sy motto is: "Leef in dankbaarheid, vreesloos en met blydskap."

  • E-mail
  • Whatsapp
IMG_7516.jpg

Makelaar

Gerhard Nel

Gerhard Nel het sy BSc. Agric graad verwerf aan die Universiteit van Pretoria in 1981. 

Hy is werksaam vanaf 2000 by DN Makelaars as makelaar. Hy het meer as 26 jaar ondervinding in die versekeringsbedryf. Hy is veral 'n kundige in die landbou- en oesversekeringsbedryf.

Velde in korttermynversekering: Oesversekering. 

Hy het ook as assessor gedien in die oesversekeringsbedryf.

Hy is 'n boer van formaat en geniet dit om gholf te speel. Hy is baie lief vir die natuur en geniet dit om die wildtuin te besoek.

Sy motto is: "Behandel ander soos jy self behandel wil word."

  • E-mail
  • Whatsapp
  • Facebook
IMG_7500.jpg

Makelaar

André Nel

Andre Nel het B.Com Bemarkingsbestuur studeer aan die Universiteit van Pretoria en sy graad verwerf in 2008.

Hy is werksaam vanaf 2009 by DN Makelaars as makelaar. Met meer as 18 jaar ondervinding in die versekeringsbedryf, is hy ten volle bekwaam in die veld. André het ook as assessor gedien in die oesversekeringsbedryf.

Velde in korttermynversekering: persoonlike-, kommersiële-, spesialis- en oesversekering.

Hy is 'n kranige boer en jagter. Hy onderskryf ook langtermynversekering en dien as finansiële adviseur by Liberty.

Sy motto is: "Bou jou drome met hoop en geleenthede sal jou lewe vul. Leef daagliks ten volle met passie en oorgawe."

  • E-mail
  • Whatsapp
  • Facebook
IMG_7483.jpg

Makelaar

Nicko Janse van Vuuren

Nicko Janse van Vuuren het BA Politieke Wetenskappe studeer aan die Universiteit van Potchefstroom en sy graad in 1995 verwerf. Hy het ook 'n sertifikaat in Finansiële Beplanning verwerf in 2015.

Hy is vanaf 2022 werksaam by DN Makelaars. Met meer as 15 jaar ondervinding in die versekeringsbedryf, is hy ten volle bekwaam in die veld.

Tipe versekering: persoonlike- en kommersiële versekering.

Nicko het 'n passie vir reis, om gholf te speel en om boeke te lees.

Sy motto: "As jy ophou leer en luister, boer jy agteruit."

  • E-mail
  • Whatsapp
  • Facebook
Jean-Marie Potgieter.jpg

Makelaar

Jean-Marie Potgieter

Jean-Marie Potgieter het 8 jaar ondervinding in die finansiële bedryf en het haar RE sertifikaat in 2017 verwerf. Sy het haars eie makelary bedryf voor sy in 2024 by DN Makelaars se span aangesluit het.

Sy ten volle bekwaam om finansiële advies aan ons kliënte te gee ten opsigte van korttermynversekerings behoeftes.

Velde in korttermynversekering: Persoonlike- en kommersiële versekering. 

Sy het 'n passie vir die natuur en mense. Sy is hardwerkend en skroom nie om 'n nuwe uitdaging aan te pak nie.

Haar motto: Leef met 'n glimlag, jy is dalk iemand anders se sonskyn vir die dag.

  • E-mail
  • Whatsapp
  • Facebook

Ontmoet die span

Ons diens. Ons trots.

IMG_7540.jpg

Spesialis Onderskrywer

Petro Warricker

IMG_7531.jpg

Spanleier Onderskrywing en onderskrywer

Rinska Harmse

Amanda Nel (1).jpeg

Onderskrywer

Amanda Nel

IMG_7581.jpg

Eise hanteerder

Cornell Sealie

IMG_7555.jpg

Spanleier eise afdeling en eise hanteerder

Linda Prinsloo

IMG_7572.jpg

Eise hanteerder

Sandra Geldenhuys

IMG_7566.jpg

Onderskrywer

Michaela Koch

IMG_7549.jpg

Windskerm en FastTrack eise

Jana Dippenaar

IMG_7525.jpg

Algemene kantoordame

Sarah Mogola

Kiddow.jpg

Eise hanteerder

Kidow Ndlovu

Louise 2.jpg

Persoonlike lyne en kwotasies

Louise van Staden

PHOTO-2025-04-25-10-05-15.jpg

Ontvangs

Maricke Kok

PHOTO-2025-11-11-14-57-41.jpg

Onderskrywing

Nadia Vosloo

bottom of page